Rugby | Toks n Tjops

Jofranie se braaivleis sousresep



Jofranie Venter het hierdie resep by 'n vorige kerel se Ma, Tannie Dorah Vogel van Phalaborwa, gekry wie dit van ‘n sjef by die destydse Swazi Sun afgesmeek het. Jofranie sê hierdie braaisous is heerlik oor pap of met braaibroodjies en is gewoonlik ‘n treffer.

Braaivleis sousresep
Twee (2) groot uie, fyngekap
Een (1) pakkie knopiesampioene, opgesny
Een (1) pakkie (250 gram) opgesnyde gerookte spek
Twee (2) groot GROEN tamaties
Een (1) blikkie gerookte mossels
Kerriepoeier na smaak (verkieslik matig)
Sout en pepper
Aromat

Braai die uie in enige olie, maar verkieslik olyfolie met ‘n lepeltjie botter oor matige hitte.
Sodra die uie DEURGEBRAAI is, voeg nou die sampioene by en roer saam.
Sodra die sampioene DEURGEBRAAI is, voeg nou die stukkies spek by en roer.
Sodra die spek DEURGEBRAAI is, sny dan die GROEN tamaties op en voeg dit ook by. Dis belangrik dat die tamaties nie heeltemal groen moet wees nie maar beslis ook nie ryp nie.
Sodra die tamaties DEURGEBRAAI is, sny (breek) die mossels een vir een in die helfde op en voeg by die pruttende sous.
Voeg aan die einde al die olie in die mosselblikkie ook by die sous. (Die mossels moet eintlik halfpad wegkook)
Geur na smaak en voeg ‘n groot eetlepel kerriepoeier by.
Die kerrie moet verkieslik matig wees omdat die geur daarvan baie subtiel moet deurkom en nie die ander smake moet oorheers soos dikwels die geval is as kerrie te warm is nie.
Sodra die kerrie gaar is, is die sous gereed om voorgesit te word saam met pap (phutupap is heerlik daarby) of brood.

Shop

Victor - My Journey
As the most capped Springbok ever, Victor Matfield is a national hero who transcends rugby provincialism and has fans across the world
R149.95
SA Rugby annual 2012
The 2012 SA Rugby annual is the official record of the South African season
R175.95
In black and white
The title takes readers into rugby's inner sanctum, where politicking and hidden agendas sometimes supersede the best interests of the sport
R149.95


Comments

Shop


Victor - My Journey
As the most capped Springbok ever, Victor Matfield is a national hero who transcends rugby provincialism and has fans across the world
R149.95
SA Rugby annual 2012
The 2012 SA Rugby annual is the official record of the South African season
R175.95
In black and white
The title takes readers into rugby's inner sanctum, where politicking and hidden agendas sometimes supersede the best interests of the sport
R149.95

Sports Poll

Can the Bulls end their tour on a high with a win against the Chiefs next week?
Yes
No