Henk Putter se braaivleis slaai
Henk Putter het Toks 'n Tjops 'n braaivleis slaai resep gestuur met net drie bestandele! Hy sê hy geniet Toks 'n Tjops se gesellige program en hou van die meng van 'n bekende en selfs minder bekende gaste te sien en te hoor wat hulle doen.
Braaivleis Slaai
1 x medium grootte botterskorsie
1 x blikkie Pic-'n-Pay gesnipperde pynappel
1/2 (halwe) pakkie Pic-'n-Pay perske jellie
Skil en ontpit botterskorsie
Rasper rou botterskorsie (soos jy sou wortels rasper) in 'n slaaibak
Strooi nou die halwe pakkie jelly so droog bo-oor
Voeg die hele blikkie gesnipperde pynappel by. (met sous en al) Meng alles goed deur en plaas in yskas
Bedien saam met enige braaivleis