Loading...
Loading Live Scoring...
*All times CAT (GMT+2)

Harry verdien baie krediet


Die Springbok-rugbyspan het verlede Saterdag in Perth een van sy beste vertonings op die verdediging gelewer wat ek nog gesien het.

Ná twintig minute in die tweede helfte, was ek seker die damwal sou breek. Dit is onmoontlik om vir die volle tagtig minute só te verdedig, het ek gedink. Ek was egter verstom. Dit moes 'n enorme poging van die hele span geverg het om die Australiërs uit te hou en Les Kiss, die verdedigingskonsultant, verdien heelwat krediet. Hy het ons span binne twee maande in 'n hegte verdedigingseenheid saamgesnoer.

Ek dink nie die publiek besef hoeveel moed en durf die spelers verlede Saterdag aan die dag gelê het nie.

Dit was nie net in die gebroke spel waar ons hulle ore aangesit het nie, maar ons het dit ook reggekry om hul eerstefase-besit te ontwrig. Wie ookal vorendag gekom het met die idee om Joost van der Westhuizen, op te tel in 'n lynstaan om sodoende op drie plekke te kompeteer, verdien 'n pluimpie.

Australië het geen raad met ons in die lynstane gehad nie. Dit het die Bokke in staat gestel om enorme druk op George Gregan en Stephen Larkham te plaas en sodoende hul lynstane te ontwrig.

Dieselfde het in die vaste skrums gebeur. Die skeidsregter, Steve Walsh, het die kat aan die stert beetgehad toe hy Cobus Visagie knaend in die eerste helfte gestraf het.

Die skrum wat ons pak geswaai het om die besit om te keer, was 'n groot draaipunt in die wedstryd en het die Bokke se selfvertroue 'n baie groot hupstoot gegee.

Ek sou graag ons voorspeler-afrigter wou komplimenteer met die Bok-agttal se puik spel. Maar aangesien ons nie een het nie, sal ek maar diegene prys wat wat die krediet verdien - die spelers.

Die agterlyn het nie veel kanse gekry op die aanval nie, maar het meer as hul kant gebring op die verdediging. Deon Kayser het 'n paar fenomenale duikslae uitgevoer en hoe Breyton Paulse vir Nathan Grey op die doellyn gestop het, is vir my 'n wonderwerk.

Indien Albert van der Berg vroeër ook nie uit die lyn vorentoe gestorm het nie, maar saam met die res opgegaan het, sou Grey ook nie sy drie gedruk het nie.

Ek het al in die verlede vir Joost gekritiseer, maar Saterdag was hy puik. Hy het beslis die bal die werk laat doen en op die verdediging was hy 'n steunpilaar. Sy ervaring was goud werd vir die Bokke in die laaste tien minute, toe ons sonder Bob Skinstad moes speel.

Die enigste negatiewe aspek van die Bokke se spel was hul gebrek aan selfvertroue op die aanval. Ons het geen geduld op die aanval nie. Die spelers hou die bal vir twee of drie fases en dan word dit weggeskop.

Ons eerstefase-bewegings het ook nie genoeg afwisseling nie.

Ná die rustyd kon 'n mens 'n verskuiwing sien in die Aussies se wedstrydplan en het hulle besit probeer behou. Skielik was ons onder druk en moes ons al die keerwerk doen. Die ander probleem wat nog by ons gaan spook, is ons gebrek aan dissipline. Indien ons dít nie gaan verbeter nie, sal ons sukkel teen spanne wat die besit vir heelwat fases behou, aangesien ons strafskoppe sal afstaan.

Die groot vraag nou is of ons die Drienasie-reeks kan wen. Ek dink nie ons sal 'n bonuspunt kry teen Nieu-Seeland deur vier drieë te druk nie, maar ons kan hulle sonder twyfel klop. Al verloor ons teen die All Blacks, verdien Harry Viljoen sekerlik baie krediet.

Hy het gehou by dít waarin hy glo en al het dit André Markgraaff se bedanking geverg om ons voorspeler-potensiaal te ontgin, het hy reeds ons trots herstel in die Bok-span.


Recent columns


All Columns


Print

Comments

Event Streaming

Channel Streaming

Other Live Streaming

Event Streaming

Channel Streaming

Latest Video Highlights

Fri, 22 May
Fri, 22 May
Fri, 22 May
Thu, 21 May

Sports Talk



Kyle Brown
Bloodied but unbowed
It will take a bit of time for the pain to settle and for us to realise that the sun will rise...

Tony Johnson
Some accountability at last
The fact that Sanzar has responded to some shoddy refereeing over the weekend is good. We have some...

Brendan Venter
Success determined by injury list
As we approach the business end of the Super Rugby season, I believe that the team which has their...

Brenden Nel
Where is the Blitz in these Boks?
The spectacular implosion by the Blitzboks to hand their World Series lead – and then the title –...

Gavin Rich
Relax, the World Cup isn't won in May
It’s been a long time since a Super Rugby weekend has been so abjectly poor for South Africans, and...

Super Wrap
SuperWrap: Week 14, 2015
An optimist will look at a glass of water and call it half-full. A pessimist will look at that same...