Rugby Football Cricket
Bulls Jomo Cosmos AB de Villiers
Cheetahs Kaizer Chiefs Titans
Griquas Orlando Pirates Cape Cobras
Sharks Rugby Sundowns Golf
WP Rugby SuperSport United Nedbank Challenge
The Stormers Other SS Golf Shootout
Phumelela
Premier Soccer League
SA Rugby
Sports Trust
Sunshine Tour
Kenyan Premier League
FA Zambia
 
Home Rugby Cricket Football Golf Motorsport Cycling Tennis Athletics Aquatics Boxing Schools Climbing Xtra
MotorsportOff-Road
Text Size 
Taylor sluit met hoë noot af
08 November 2009 (09:53)
Anthony Taylor © MotorPics
Die Castrol-Toyota-fabriekspan het uiteindelik hul eerste oorwinning in die afdeling vir Produksievoertuie losgejaag toe Anthony Taylor en Robin Houghton die RFS-Magalies 400, die laaste ren in vanjaar se Absa-veldrenkampioenskap, wat Saterdag by die Tralton-renbaan aan die Wes-Rand geëindig het, gewen het.

Taylor/Houghton en hul spanmaats Hein Lategan en Chris Birkin het tussen hulle nog in elke ren behalwe een vanjaar los voor gejaag, sonder om 'n enkele oorwinning daarvoor te kan wys. Alles het egter uiteindelik vir Taylor en Houghton in plek geval nadat hulle hul pad van sesde in die renveld by die wegspring tot 'n oorwinning van net minder as twee minute oopgeveg het.

Die veteraanjaer Hannes Grobler en sy navigator, Juan Mohr, het die tweede plek in hul Donaldson-Nissan Navara ingeneem. Grobler het in sy laaste ren in 'n Nissan ná 'n renverbintenis van 33 jaar met dié maatskappy gejaag, en het net 100 meter van die wenpaal af by die Castrol-Toyota van Lategan en Birkin verbygeglip - die tydsverskil ná 400km se dolle gejaag deur die veld was uiteindelik net twee sekondes.

"Dit kom al lank, maar ons het dit uiteindelik gemaak," het 'n opgewonde Taylor by die eindpunt gesê. "Dit was 'n oorwinning wat die tegniese span ná soveel harde werk met min beloning regdeur die seisoen dubbel en dwars verdien het. Dit is altyd lekker om te wen, maar hierdie is veral 'n soete oorwinning."

Dit was Toyota se tweede oorwinning vir die seisoen nadat die private jaers Gary Bertholdt en André Vermeulen vroeër 'n ren in hul Atlas Toyota Hilux gewen het. Die voorlopige puntetelling het ook die gesogte Suid-Afrikaanse Vervaardigerskampioenskap aan Toyota besorg.

Vyf van die ses oorwinnings wat die Donaldson-span vanjaar losgejaag het, is deur die Suid-Afrikaanse produksiemotor-veldrenkampioene Duncan Vos en Ralph Pitchford (Nissan) losgejaag. Hul geluk het hierdie keer egter vroeg opgedroog nadat hulle voor weggespring het, maar weens 'n pap wiel teruggesak het.

Daarna het hulle van agter in Bertholdt/Vermeulen vasgery, wat hul motor se verkoeler beskadig het. Vos en Pitchford se triestige dag het uiteindelik in die tweede van die twee rondtes waaruit die roete bestaan het, geëindig toe hul Navara se enjin na "kruipwerking" oorgeskakel het en die kampioene hulle noodgedwonge aan die ren moes onttrek.

Chris Visser en Japie Badenhorst, wat in die RFS-Toyota Hilux gejaag het, was by die aangewese versieningspunt aan die einde van die eerste rondte voor, maar hul bakkie se enjin het die gees gegee. Dit het Taylor/Houghton die voortou besorg, met Grobler/Mohr wat minder as 100 meter voor die eindpunt by Lategan/Birkin verbygeglip het.

Die Noorweegse jaer Ivar Tollefsen en sy Britse navigator Quin Evans was vierde in nog een van die Donaldson-Nissan Navara-inskrywings. Hulle het 'n string pap wiele oorwin om Terence Marsh en Pieter Groenewald in hul Regent Nissan Navara te klop.

Klasse D en E het hope drama opgelewer waar die kampioenskappe op grond van die voorlopige puntetellings wat nog bekragtig moet word, deur 'n verskil van net een punt beslis is. Die verdedigende Klas D-kampioen Cliff Weichelt en sy navigator, Johann Smalberger (N1 Toyota Hilux) het 'n gemaklike Klas D-oorwinning voor die voormalige Boubulle-skrumskakel Coetzee Labuscagne en Johan Gerber in hul Raysonics-Nissan Hardbody losgejaag.

Die derde plek wat Dewald van Breda en Johann du Toit in hul Northam Toyota-Hilux beklink het, het die jaerskampioenskap met 'n voorsprong van een enkele punt aan Van Breda besorg. Du Toit het vroeër reeds die navigatorskampioenskap gewen, en dié twee moes van heel agter in die renveld herstel en vorentoe beur nadat hulle nie Vrydag se voorren voltooi het nie.

'n Enkele punt was ook die uiteindelike verskil in die Klas E-kampioenskap nadat Jannie Visser en Joks le Roux (RFS-Toyota Hilux) hul tweede agtereenvolgende kampioenskap gewen het ten spyte van die feit dat hul voertuig se enjin die gees gegee en hulle nie die byeenkoms voltooi het nie.

Dié oorwinning het aan Pikke Labuschagne en Rikus Erasmus in hul Megaworld-Toyota Hilux behoort, maar dit was nie genoeg om die kampioenskap in hul eerste jaar van nasionale kampioenskapsdeelname te beklink nie. Dit was Labuschagne en Erasmus se derde klasoorwinning in wat 'n baie indrukwekkende eerste seisoen was.

Die naaswenners in Klas E was die gewese Suid-Afrikaanse jaerskampioen Manfred Schröder en sy navigator, Gavan Gray, wat net 33 sekondes voor Louw de Bruin en Riaan Greyling in hul Ruwacon Ford Ranger was. Schröder en Gray het hul eerste ren van die seisoen gehad en in die plek van die gereelde jaers Buppy Rubuluza en Khuliele Vakaliza gejaag.



Remember to go to www.supersport.com on your Mobile phone and keep in touch with the latest scores wherever you are.

Date change for Lydenburg event
Beplanning vorder vir Lydenburgren
New sponsor for off-road racing
Veldrenkampioenskap kry 'n nuwe borg
Reuters on Motorsport
Button and Hamilton put rivalry on hold
Formula One world champions Jenson Button and Lewis Hamilton were all smiles as they appeared together as team mates for the first time to unveil their new McLaren.
Sapa
Schumacher returns as F1 testing starts
The new Formula One campaign gets under way on Monday with the start of preseason testing that will also bring the return of Michael Schumacher at Mercedes GP after three years out of motor racing's premier sport.
 
 
 
What do you think about Michael Schumacher's F1 comeback with Mercedes?
It's great, Schumacher will challenge for the title again
Bad idea, he won't be competitive any more
Shumacher's return will give F1 a much-needed lift